Skip to content Skip to footer

Diens tye

Grondslagfase

Graad 1 – 3
Sondae om 09:00
Kerksaal

Ons grondslagfase lokale is die afgelope jaar nuut oorgedoen.
Maak gerus ‘n draai en kom loer daarna.
Die Grondslagfase Kinderkerk geskied 9:00 Sondae in die Kerksaal.

Kinderkerk

3 – 6 jaar
Sondae om 09:00
Kerksaal

Hierdie groep het die afgelope jaar met ‘n klomp maats gegroei.
Ons het daarom dit goed gedink om twee junior groepe te maak vir 2023 om te verseker dat die groepe klein genoeg bly vir individuele aandag. Kinderkerk vir 3-6 jaar geskied Sondae om 9:00 in die kerksaal.

Graad 4 - 6

Sondae 10:00
Kerksaal

Ons kerksaal het te klein geword om die hele laerskool te akkommodeer op een slag. Daarom skuif ons die graad 4-6 Kinderkerk na 10:00 (wanneer die eredens uitkom). Hierdie groep kan al volledig deelneem aan eredienste, daarom sal ons ‘n halfuur les na die eredens aan hulle gee wat spesifiek gefokus is op hulle ontwikkelingsfase.

Graad 7 - 9

Sondae 10:00
Kerksaal

Kategese vir hierdie ouderdomsgroep geskied
direk na die eredien in die Kerksaal.

Graad 10 - 11

Donderdae
19:00
Kuier Kerk

Hierdie word gesien as die finalejaars of Belydenis jaar.
Ons het gevind dat ons nie in een jaar deur al die les materiaal kon nie.
Ons het dus gevoel dat ons dit alreeds in graad 10 wil begin sodat elke tiener ten volle toegerus is wanneer hulle aan die einde van graad 11 die opsie het om Belydenis van Geloof af te lê. Hierdie sessies geskied op Donderdae aande van 19:00-20:00 in die Kerksaal.

Graad 12 Selgroep

Donderdae
19:00
Twee weekliks

Ons skep vir die eerste keer hierdie jaar ‘n opsie vir matrieks om betrokke te bly by die kerk na hulle Belydenisaflegging.
Hierdie matriek-selgroep sal gefokus wees op leierskap, ondersteuning, voorbereiding en toerusting om die volwasse wêreld as Christen te betree. Dit sal tweeweekliks plaasvind op Donderdae van 19:00 – 20:00.